Bykans 800 vroue wêreldwyd sterf daagliks weens komplikasies tydens swangerskap.
Sowat 27% persent van moedersterftes is weens ernstige bloeding tydens kraam.
Volgens die Wêreld-gesondheidsorganisasie is bestaande mediese toestande, soos diabetes, malaria, HIV en vetsug, wat deur swangerskap vererger word, eerste op die lys.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het in 2010 aangedui dat verloskundiges 26% van die bloedvoorraad vir die jaar gebruik het.
“Die meeste van die moedersterftes kan verhoed word en bloedoortappings kan die verskil tussen lewe en dood beteken,” het me. Vanessa Raju, kommunikasiebestuurder van die SANBS, gesê.
Die SANBS samel daagliks sowat 3 000 eenhede bloed in en loods ’n bewustheidsveldtog vir swanger moeders.
Vrouemaand is ’n gulde geleentheid om skenkers te herinner dat hulle moeders sou kon red wat binne ure sou sterf.
Besoek die organisasie se webwerf https://www.sanbs.org.za of hulle Facebookbladsy https://www,facebook.com/SANBS
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805