Editor's choiceLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Morgenzon Landbou Akademie presteer

Al drie MLA-spanne het vir halfeinronde gekwalifiseer.

Die 0/15-rugbyspan van Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het onlangs in die kwalifiserende ronde van die Beeld Trofee teen Swartruggens met 27-27 gelykop gespeel.

Omdat MLA meer drieë gedruk het in die wedstryd, het die span vir die kwarteindronde in aanmerking gekom.

MLA was op Saterdag 8 Augustus die gasheer vir die kwarteindronde vir die 0/15-, 0/17- en 0/19-spanne.

Die 0/15-span het teen Curro Heuwelkruin gespeel en met ’n telling van 38-19 gewen.

Die 0/17-span het teen Phoenix meegeding en hulle gemaklik met 25-7 geklop.

Die 0/19-span het in die laaste wedstryd van die dag teen Stanford Lake College meegeding en na 70 minute se harde, fisiese rugby, met 14-14 gelykop geëindig.

Omdat MLA die eerste drie aangeteken het, het hulle na die halfeindronde, op ’n tegniese punt, deurgedring.

Vir die eerste keer in die skool se geskiedenis het al drie spanne vir die halfeindronde in aanmerking gekom wat op Saterdag 15 Augustus plaasgevind het.

Die 0/15-span het Koster op Koster se velde die stryd aangesê, terwyl die 0/17-en 0/19-span op eie bodem teen onderskeidelik Curro Roodeplaat en Heilbron meegeding het.

 

 

Die 0/15-span van MLA saam met mnr. Ruan Janse van Vuuren (afrigter).
Die 0/15-span van MLA saam met mnr. Ruan Janse van Vuuren (afrigter).

 

Die 0/17-span van MLA saam met mnr. Harry Labuschagne (afrigter).
Die 0/17-span van MLA saam met mnr. Harry Labuschagne (afrigter).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button