Lerize is wakker na fratsongeluk

Lerize Williams (6) het op Vrydag, 14 Augustus wakker geword en is by haar volle bewussyn.

BETHAL – Lerize Williams (6) het op Vrydag, 14 Augustus wakker geword en is by haar volle bewussyn.

Haar ouers kan nie gelukkiger wees om te weet dat hulle weer hulle dogter se blou oë kan sien.

Volgens me. Elize Williams reageer haar dogter op alles wat sy vra.

“Haar keel is nog seer en sy ontvang fisioterapie om haar longe te help.

“Ek het ook gesien dat haar een oog bloeding op het en Lerize kla van oorpyn.”

Volgens me. Williams is die kraak op haar skedel van middelagter tot in haar oor en dit bloei steeds.

“Die dokter het gesê dat daar skade is, maar niks wat God nie kan genees nie.”

Breinskaderings is onlangs by die Netcare Garden City Hospitaal in Johannesburg gedoen nadat ’n groot veiligheidshek (palissade hek) op Lerize geval het nadat dit ontspoor het.

“Die hek het op haar kop geval en haar ma het dadelik met haar na hul dokter gejaag.”

Sy is vanaf Bethal per ambulans na die Highveld MediClinic op Secunda geneem.

“Sy is op Donderdag, 6 Augustus net na agt die aand na Netcare Garden City in Johannesburg oorgeplaas.”

Lerize se ouers het breed geglimlag toe die dokter vir hulle gesê het dat die swelling op hul dogter se brein gesak het.

Die fratsongeluk het op Donderdag, 6 Augustus plaasgevind.

“Ons dien ’n groot God en hy was nog net goed vir ons.”

Die gesin het steeds geld nodig vir haar mediese onkoste omdat hulle nie ‘n mediese fonds het nie.

Laerskool Marietjie van Niekerk en Laerskool H.M. Swart het op hulle Facebook-blad gesê dat mense geld in ’n rekening vir die gesin kan inbebetaal.

Mense kan geld na J.H. Joubert FNB 270 144 rekeningnommer: 516 700 12454 inbetaal en die bewys na die skool faks by 017 647 1564.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version