Helpende Hand loods My Held-veldtog

Raak betrokke deur sagte speelgoed te skenk.

SECUNDA – Solidariteit Helpende Hand het ‘n nuwe veldtog geloods, My Held, om bewustheid te skep oor die omstandighede waarin kinders misdade moet aanmeld.

Verlede jaar is 45 230 strafsake aangemeld waarby kinders betrokke was.

In elkeen van hierdie sake was daar ‘n held – ‘n polisiebeampte, landdros of gesinsadvokaat – wat verseker het dat die slagoffer die nodige ondersteuning ontvang.

Helpende Hand het uitgevind waar hulle kan help om die sentrums meer kindervriendelik te maak.

Secunda se tak het besluit om sagte speelgoed, inkleurboeke en kryte bymekaar te maak en dit te skenk aan die Kinderbeskermingseenheid by die Secunda Polisie, asook by die plaaslike landdroskantoor.

Geskenkpakkies sal opgemaak word en later oorhandig word aan die betrokke hoofde van dié afdelings.

Parrot Riders Secunda, onder leiding van me. Emily Naude Erasmus, het ‘n insamelingsdag gereël by die Eendedam waar hulle die inwoners van Secunda gevra het om hulle bydraes te kom aflewer.

Die Glazer Riders van Standerton het ook ‘n bydrae gemaak en self afgelewer.

‘n Totaal van 80 sagte speelgoed, inkleurboeke met kryte, traumapakkies en kontantskenkings is van hulle ontvang.

Helpende Hand Secunda het hul dank uitgespreek teenoor almal wat die dag moontlik gemaak het, spesifiek me. Emily Naude Erasmus en die Parrot Riders wat hulle tyd opgeoffer het om te wag vir inwoners om hulle skenkings te bring.

Hierdie skenkings gaan ‘n daadwerklik verskil maak in baie getraumatiseerde kinders in ons gemeenskap.

Die skenkings is ontvang deur die voorsitter, me. Christene Schoonbee.

Indien daar nog inwoners is wat wil bydraes maak in die vorm van sagte speelgoed, inkleurboeke, kryte of kontant, is hulle welkom om me. Christene Schoonbee, voorsitter, by 082 731 1360 of die ondervoorsitter, mnr. Ronnie Nelson, by 076 091 7258 te skakel.

Daar kan ook ‘n virtuele teddiebeer geskenk word.

SMS “Teddie” na 38969 en skenk R10 om die sentrums op te knap en toe te rus om ons kinders veilig te laat voel.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version