Editor's choiceLocal newsNews

Lerize (6) steeds onder verdowing

Die swelling op haar brein het gesak.

BETHAL – Lerize Williams (6) se ouers  het breed geglimlag toe die dokter vir hulle gesê het dat die swelling op hul dogter se brein gesak het.

Breinskaderings is op 11 Augustus by die Netcare Garden City in Johannesburg gedoen nadat ’n groot veiligheidshek (palissadehek) op Lerize geval het toe dit ontspoor het.

Dié fratsongeluk het op 6 Augustus plaasgevind.

Sy het op 12 Augustus wakker geword terwyl haar ouers nie daar was nie en self die pype begin uittrek.

Lerize is vol blou kolle soos sy gestoei het en in die proses het sy haar maag en longe beseer.

Die swelling op haar maag het na behandeling gesak en sy is op ’n asemhalingsmasjien om haar longe te verbeter.

Die dokter hou haar onder verdowing tot Vrydag.

Volgens me. Elize Williams is die kraak van middel agter tot in haar oor en bloei steeds.

“Die dokter het gesê dat daar skade is, maar niks wat God nie kan genees nie,” het sy gesê.

Lerize se ouers kan nie wag vir die oomblik wat sy haar blou oë gaan oopmaak en begin gesels nie.

Daar word dus steeds geld benodig vir haar mediese onkoste omdat die gesin nie ’n mediese fonds het nie.

Laerskool Marietjie van Niekerk en Laerskool H.M. Swart het ook op hul Facebook-blad gesê dat mense geld in ’n rekening vir hulle kan inbebetaal.

Mense kan geld in J.H. Joubert FNB 270 144 rekeningnommer: 516 700 12454 inbetaal en die bewys na die skool faks by 017 647 156.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button