Local newsLocal sportNewsSport

Junior se spiere bult die toekoms in

Junior Van Coller se doel was bloot net om gewig te verloor, min wetend wat die toekoms vir hom inhou.

SECUNDA – Junior Van Coller se doel was bloot net om gewig te verloor, min wetend wat die toekoms vir hom inhou.

Van Coller was moeg om oorgewig te wees en was ontevrede met die manier hoe sy liggaam op daardie stadium gelyk het.

Junior het begin gim met die doel om slegs die ekstra gewig af te skud.

Hy het by Raw Talent and Supplements Gimnasium aangesluit waar hy sy afrigter ontmoet het.

Junior het glad nie belanggestel om gewigte op te tel en groter spiere te kry nie weens die negatiewe kommentaar wat almal gehad het.

Baie mense het vir hom gesê dat hy dit nooit sal reg kry om ‘n gespierde lyf te hê nie.

Sy afrigter het hom moed ingepraat en gemotiveer.

Junior het sedert 2011 37kg aan vet verloor.

Aan die begin van 2012 het Van Coller gewigte begin optel en spiere begin bou.

Hy sê dat dit harde werk, toewyding, selfdissipline, fokus en motivering gekos het om te kom waar hy vandag is.

In ‘n onderhoud met die Ridge Times, het Junior gesê: “Ek sou dit nie sonder my afrigter se motivering kon regkry nie.

Hy het my altyd opgebeur en moed ingepraat wanneer ek wou opgee.”

Van Coller het op Saterdag, 8 Augustus aan sy eerste kompetisie deelgeneem.

Die doel van die kompetisie is om te kwalifiseer vir Suid-Afrikaanse Kampioenskap.

Indien Junior Saterdag tydens die Mpumalanga Provinsiale kompetisie gekwalifiseer het, sal hy en sy afrigter besluit wat die volgende doelwit is.

Junior het gesê: “Ek is baie opgewonde oor Saterdag en veral oor die feit dat ek soveel mense wat nooit in my geglo het nie verkeerd sal kan bewys.”

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Junior van Coller laat die are bult tydens 'n oefensessie.
Junior van Coller laat die are bult tydens ‘n oefensessie.

Related Articles

Back to top button