Muffins met Aromatiese Speserye

Geskenk in n Glashouer.

Geskenk in n Glashouer

Muffin-mengsel met Aromatiese speserye in n Glas houer

Bestanddele:

· 1 ¾KoppiesMeel

· 2Eetlepels Suiker

· 3Teelepels Bakpoeier

· ½Teelepel Koeksoda

· 1Teelepel Kaneel, Fyn

· ½Teelepel Neutmuskaat, Fyn

· ¼Teelepel Gemmer, Fyn

· ¼Teelepel Kruienaaltjies, Fyn

· ½Teelepel Sout

Meng bogenoemde in n mengbak, vul dan ’n mooi glashouer wat dig toemaak daarmee.

Verfraai glashouer vrolik.

Maak ’n hand geskrewe kaartjie met die volgende aanwysings aan die bottel vas:

Muffins met Aromatiese Speserye

Hierdie Muffin-mengsel is genoeg vir 12 Muffins

Verhit oond tot 180 grade C

Smeer ‘n 12-Muffinpan met botter of spuit met baksproei of plaaspapierhouers in.

Plaas inhoud van Glasbottel in ’n mengbak

Meng die volgende in ‘n aparte bak en voeg by meelmengsel:

· ¼ Koppie Botter, gesmelt

· 1 Eiergeklits

· 1 Koppie Melk

· 1 Teelepel Vanieljeekstrak

Meng baie liggies tot alles gemeng is, passop om nie teveel te karring nie.

Die beslag sal bietjie onegalig wees.

Gebruik n roomys-skoppie om die papier houertjies tot twee-derdesvol met beslagte vul.

Bak vir 15 tot 20 minute.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version