Local newsNews

Nog ’n woonstelbewoner van SAVF-Huis sterf

Marie was ’n geliefde karakter onder die inwoners en personeel.

Die SAVF-Huis het in minder as drie weke, twee woonstelbewoners aan die dood afgestaan.

Me. Marie van der Merwe van die Magrietjie-woonstelle, is Sondag 12 Julie oorlede, 15 dae na die heengaan van mnr. Awie Olivier van die Peter Celliers-woonstelle.

Haar afsterwe was onverwags aangesien sy die vorige aand nog gesellig met haar vriendinne verkeer het.

Marie is byna 74 jaar gelede, op 24 Augustus 1941, op Zeerust in die destydse Wes-Transvaal gebore en getoë.

Ná haar skoolopleiding aldaar was sy 35 jaar ’n bankklerk voordat sy tot die meubelhandel toegetree het.

Haar eggenoot, Gert van der Merwe, ’n bankbestuurder, het haar op 5 Mei 2007 ontval.

Sewe jaar gelede het sy van Wakkerstroom na Ermelo verhuis en ’n woonstel by die SAVF-Huis betrek.
Sy laat haar enigste seun, Gerhard en twee kleindogters agter. (CK.)

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button