Wildehonde op toer

’n Opwindende seisoen wag op die Wildehonde.

Die Wildehonde, Hoërskool Ermelo se Seunshokkie Laerskool Akademie, het vanaf 1 tot 4 Julie ’n hokkiekursus by Champ Discovery plus minus 70 km buite Pretoria op die Pietersburg pad bygewoon.

Tydens dié paar dae in die bosveld is die seuns blootgestel aan vaardigheidsoefeninge en het na ete smiddags wedstryde gespeel.

Na ’n vroegoggend wildbesigtigingsrit het hulle spanbou aksies gehad, windbuks -en booggeskiet.

’n Nagmars in die volmaan was beslis ook vir die seuns ’n hoogtepunt.

Afrigter, Naomi Uys, bedank Hoërskool Ermelo wat hul bussie beskikbaar gestel het en al die ouers wat die ruggraad was tot ’n uiters suksesvolle toer.

Hulle sien uit na ’n opwindende seisoen wat 20 Julie begin.

Exit mobile version