CrimeEditor's choiceLocal newsMunicipalNews

Twee sterf op R23

Twee ongelukke in die vroeë oggendure van 10 Julie het twee lewens geëis.

Twee ongelukke in die vroeë oggendure van 10 Julie het twee lewens geëis.

Dié ongelukke het op die R23 tussen Standerton en Heidelberg gebeur.

“Die bestuurder van een motor is oorlede in ‘n kop-teen-kop botsing,” het mnr. Jabulani Mkwanazi, Stasiebeampte van die Standerton Brandweer, gesê.

In ‘n ander ongeluk is die bestuurder van ‘n bakkie dood toe die voertuig gerol het.

“Die bestuurder is dood en die passasier is na die Standerton Hospitaal geneem met ernstige beserings,” het mnr. John Kock, Brandweerhoof en Rampbestuurbeampte, gesê.

Mnr. Kock het ‘n beroep op bestuurders gedoen om versigtig te ry en hulle noodligte aan te skakel as die mis te dik raak.

Hy het voorgestel om eerder van die pad af te trek totdat die mis ooptrek.

“Volgens die weerburo sal die mis oor die volgende week baie erg in die oggende wees,” het hy gesê.

In ‘n ander ongeluk op 11 Julie tussen drie voertuie moes meganiese kake gebruik word om die insittendes van die voertuie te bevry.

“Ek moes ‘n bakkie met ekstra meganiese kake van die Morgenzon Brandweer uitroep om te help,” het mnr. Kock ook gesê.

Volgens hom was dié bakkie binne 15 minute op die toneel.

Die Mpumalanga LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, mnr. Vusi Shongwe, het ook sy kommer uitgespreek oor die dodetal op paaie die afgelope maand in die Gert Sibande distrik.

“Soveel as wat ons probeer om wetstoepassing en padveiligheid te verbeter om padongelukke te voorkom, moet padgebruikers padveiligheid handhaaf deur padreëls te alle tye te gehoorsaam,” het mnr. Shongwe gesê.

Volgens lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, is die polisie ook bekommerd oor die padongelukke.

“Een van die groot probleme is mense wat onder die invloed ry, veral oor naweke,” het lt. Nhlabathi gesê.

Hy het versoek dat motoriste altyd bedag op roekelose en nalatige bestuurders moet wees.

“Ry versigtig, gehoorsaam padtekens en hou altyd ‘n oog op ander motoriste,” het hy gesê.

 

 

Een insittende van dié voertuig is op 10 Julie dood.
Een insittende van dié voertuig is op 10 Julie dood.

 

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

Related Articles

Back to top button