GalleriesLocal newsNewsNews galleries

’n Noue ontkoming

Die bestuurder van ’n stasiewa het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en op die sypaadjie op die hoek van De Bruin- en Potgieterstraat beland, waar die voertuig ’n boom getref en ontwortel het.

Inwoners in De Bruinstraat het die een oomblik nog rustig na hul gunsteling sepie gekyk en die volgende ’n harde slag gehoor.

Die bestuurder van ’n stasiewa het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en op die sypaadjie op die hoek van De Bruin- en Potgieterstraat beland, waar die voertuig ’n boom getref en ontwortel het.

Volgens ooggetuies het die voertuig toe verder oor Potgieterstraat gerol tot op die ander hoek waar dit ’n brandkraan platgevee en teen ’n palissade-omheining tot stilstand gekom het.

Twee van die insittendes het self uit die voertig geklim toe dit tot stilstand gekom het en die derde is uit die voertuig geslinger.
Drie groepe reddingswerkers het op die toneel na die beseerdes omgesien.

Een van die mans wie se toestand op die toneel as kritiek beskou is, is met die intensiewesorg-ambulans na eMalahleni (Witbank) gehaas vir ’n MRI-skandering.

Met sy terugkoms in Ermelo is hy in die hospitaal opgeneem, nadat sy toestand merkwaardig verbeter het.

Een van die ander beseerdes het ernstige weefselskade opgedoen en is na die Steve Bhiko-hospitaal oorgeplaas vir spesialis-behandeling.
Die derde beseerde het behandeling by die hospitaal se ongevalle-eenheid ontvang en is kort daarna ontslaan.

 

Related Articles

Back to top button