Terugslag vir Edwin, voet word geamputeer

Hy het ernstige beserings tydens ’n ongeluk op 30 Mei opgedoen.

Mnr. Edwin Petzer, wat betrokke in ’n ongeluk op 30 Mei was, sal die gebruik van sy voet verloor.

Hy is na die Witbank Hospitaal oorgeplaas na ’n operasie by die Standerton Hospitaal op 4 Junie.

Mnr. Petzer het ernstige beserings aan sy regterbeen en enkel tydens die ongeluk opgedoen.

Volgens sy vrou, me. Rene Petzer, was die voet en enkel vergruis.

Die omvang van sy beserings het ’n ortopeed benodig, maar ’n plaaslike dokter het ingestem om die operasie gratis te doen.

Die dokter het slegs die wonde tydens die operasie skoongemaak.

Mnr. Petzer is op 5 Junie in die Witbank Hospitaal geopereer.

“Volgens die dokters kan hulle nie enigiets vir die voet en enkel doen nie,” het me. Petzer gesê.

Sy het ook gesê dat die voet geamputeer gaan word.

Enigiemand wat ’n geldelike bydrae wil maak, kan dit in mnr. Petzer se Capitec-rekening by 1327467052, takkode 470010, inbetaal.

Lees die volledige storie in vandeesweek se Standerton Advertiser.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

Exit mobile version