Local newsNews

Help EARS met komberse vir honde

Twee goed-versorgde Schnauzer honde is onder die honde wat deur EARS versorg word maar hulle verlang na hulle eie huis.

hond 2

Die winter is op ons en mense pantser hulself teen die koue.
Volgens Ronel van der Merwe, voorsitter van Ears, het hulle ’n groot behoefte aan komberse om die honde in die hokke teen die koue te beskerm.

Daar is tans 42 honde in die hokke.
Mense word versoek om tussen hulle ou komberse te soek en dit wat hulle nie meer gebruik nie aan EARS te skenk om die lewe vir die honde gemakliker te maak.

Daar is tans ook twee goed-versorgde Schnauzers, ’n reun en teef, in die hokke wat baie na hulle gesinne verlang en vreeslik huil. Hulle is Vrydagoggend in Kerkstraat opgetel.

Indien u weet aan wie dié honde behoort of dalk die eienaars is of komberse wil skenk, skakel Ronel by 083 400 1079 of 083 976 7113.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button