Local newsNews

Sewe beseer in botsing

Sewe werkernemers beseer toe twee Transnet voertuie teen mekaar bots.

Sewe mense is beseer, twee ernstig, in ‘n botsing tussen twee Transnet-voertuie op die pad tussen Ermelo en Piet Retief.

Die ongeluk het Vrydagoggend omstreeks 9:30 32 km vanaf Ermelo gebeur. Albei voertuie het in die rigting van Piet Retief gery.

‘n Vroulike passasier in een van die voertuie is in die wrak vasgepen en moes met die hulp van lewenskake deur brandweerpersoneel van die Msukaligwa Nooddienste en paramedici uit die wrak bevry word.

Paramedici van Mpumalanga Ambulansdienste en ER24 het die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle na hospitale op Ermelo vervoer is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button