Local newsNews

New Life Ondersteuningsgroep help verslaafdes

Skakel mnr. Van Zyl by 082 514 6896.

SECUNDA – Die New Life Ondersteuningsgroep wat mnr. Gert van Zyl begin het, is nog aan die gang.

Die groep stuur met behulp van die CMR twee keer weekliks dwelmverslaafdes na die Swartfontein Rehabilitasiesentrum op Witrivier.

Die rehabiliteringsproses duur drie maande en die verslaafdes skakel weer by die New Life Ondersteuningsgroep in as hulle uitkom.

“Ons help enigiemand wat ’n verslawingsprobleem het,” het mnr. Van Zyl gesê.

Die groep kom elke Donderdagaand om 7nm bymekaar.

Hy het ouers aangeraai om een keer ’n maand saam na die byeenkomste te gaan waar ouers se vrae beantwoord sal word.

Mnr. Van Zyl was self aan dwelms verslaaf en was in ’n rehabilitasiesentrum.

“Dit is my passie om ander te help en ek wou dit al doen vandat ek uit die rehabilitasiesentrum gekom het,” het hy gesê.

“Die Here seën die groep, die ouens kom skoon en ek is net die instrument in die Here se hande.

“Ek geniet dit baie om deel van hul herstelproses te wees.”

Vir meer inligting, skakel mnr. Van Zyl by 076 325 9144.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button