Bethallers stig AfriForum-tak

Hoe sterker die tak, hoe groter die impak.

BETHAL – Die gemeenskap is raadop oor die swak dienslewering van die Govan Mbeki Munisipaliteit en het ’n AfriForum-tak gestig om die gety te draai.

AfriForum is ’n burgerregte-organisasie wat vir die grondwetlike regte van gemeenskappe opstaan.

Die organisasie mobiliseer gemeenskappe landwyd om self verantwoordelikheid vir hul eie welstand te neem wanneer munisipaliteite hul pligte versuim.

“Ons het uitdagings, maar wil ’n daadwerklike verskil in die dorp maak,” het mnr. Aljay van den Merwe, voorsitter, gesê.

Volgens mnr. Jaco Grobbelaar, assistentkoördineerder, kan hulle nie toekyk hoe die gehalte van noodsaaklike basiese dienste verswak nie.

“ Ons moet moue oprol en betrokke raak,” het hy gesê.

Dié tak sal die munisipaliteit tot verantwoording roep en dienste verbeter.

Inwoners kan hul dorp se naam teen ’n koste van R1 na 45350 sms om deel van die tak te word.

“Hoe sterker die tak, hoe groter die impak.”

Vir meer inligting, skakel mnr. Grobbelaar by 072 142 8668, mnr. Van der Merwe by 072 241 2032 of me. Esmarie Prinsloo by 072 332 9824.

Exit mobile version