DA wil geld insamel vir liggies

Dié liggie is ’n solar liggie en laai bedags as die son op dit skyn en brand as dit donker word.

SECUNDA – Plaaslike inwoners wil hê die munisipaliteit moet spesifieke liggies op die sypaadjie van die verkeerssirkel by Curro Secunda aanbring.

Dit kom nadat baie ongelukke reeds by dié sirkel gebeur het.

“Ek dink motoriste kan nie die sirkel sien nie,” het me. Mariaan Chamberlain gesê.

Volgens haar is daar wel reflekteerders aan die kante van die pad, maar nie in die middel by die sirkel nie.

Sy en ander lede van die DA gaan nou borge probeer werf om dié ligte te borg.

Dié liggie is ’n solar liggie en laai bedags as die son op dit skyn en brand as dit donker word.

Baie straatlige in dié omgewing is ook buite werking en dit maak dit gevaarlik vir motoriste wat in die donker om die sirkel ry.

As enige iemand ’n bydrae wil lewer, skakel me. Chamberlain by 082 850 1567.

Exit mobile version