Skrootmetaal in rivierpark opgespoor

’n Sak skrootmetaal is op 10 April naby die ou brug in die rivierpark deur Kasselman Veiligheidsdienste opgespoor.

’n Sak skrootmetaal is op 10 April naby die ou brug in die rivierpark deur Kasselman Veiligheidsdienste opgespoor.

Die metaal is van die spoorlyn af gesteel en in ’n groen sak geplaas.

Die sak is langs ’n oop stormwaterdrein gelos, waarvan die deksel ook vermoedelik gesteel is.

“Ons het ’n oproep gekry dat iemand in die rivierpark loop met die sak en ons het die sak gekry, maar die vermeende dief het weggehardloop,” het ’n Kasselman-beampte gesê.

“Spoornet is in kennis gestel.”

Op 13 April was die sak nog steeds op dieselfde plek.

“Ons sal iemand stuur om die saak te ondersoek,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version