Local newsNewsReligion

Maatskaplike werker praat oor trauma

Leer hoe om traumatiese situasies in jou lewe te hanteer.

SECUNDA – Me. Tarina Hattingh, forensiese maatskaplike werker, bied môre-aand om 6nm ’n praatjie oor trauma aan.

Alle ouers en belangstellendes is welkom om dit by te woon en dit vind by die Hervormde Kerk Trichardt-gemeente plaas.

Me. Hattingh gaan praat oor die invloed van trauma op ouers en kinders.

“Ons is almal al op een of ander stadium in ons lewe deur trauma geraak, in ’n mindere of in meerdere mate,” het me. Hattingh gesê.

“Ongeag of dit weens die dood van ’n geliefde, egskeiding, gewapende roof of ’n ongeluk was, die trauma waardeur ’n mens dan moet gaan, het gewoonlik ’n blywende invloed op ’n mens se lewe en alledaagse funksionering.

“As dié trauma nie reg hanteer word nie, kan die skade daarvan permanent wees.

“Ons onderskat gereeld die invloed wat trauma op ’n mens kan hê en maak didt af as sommer niks nie, of sê ons is ‘okay’

“Maar is jy regtig ‘okay’?

“Verstaan ons werklik wat die invloed van trauma op ons lewens is of hoe dit ons persoonlik beÏvloed?

“Hoe kan ek iemand wat deur ’n traumatiese gebeurtenis is ondersteun en bemoedig?”

Kom vind uit en luister môre-aand na me. Hattingh se praatjie.

Vir meer inligting, skakel haar by 082 566 2059.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button