Bethal-karwag wreed aangerand

Boewe steel alles behalwe selfoon.

BETHAL – Mnr. Tyron van Niekerk is ’n karwag en is onlangs wreed deur drie mans aangerand toe hy huis toe geloop het.

“Ek het in Stasieweg naby Midnight Vulstasie geloop toe ’n baksteen my op my linkeroog getref het,” het hy gesê.

“Dit was donker en ek kon niks sien nie.

“Nadat een van die mans my met ’n baksteen geslaan het, het twee van sy makkers my vasgou, terwyl die ander een ’n mes teen my keel gehou het.”

Hulle het meer as R600, ’n sak en kos gesteel.

“Die boewe het alles behalwe my selfoon gesteel,” het hy gesê.

Mnr. Van Niekerk het sewe steke aan sy oog gekry.

Hy het ’n saak by die polisie geopen en nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version