Bethal DA skenk rolstoel

DA se Wyk 28 bied ’n helpende hand.

BETHAL – DA-lede het op Donderdag, 26 Maart ’n skenking aan Palmoord Sentrum vir Bejaardes gemaak.

Wol, klere, doeke, hekelnaalde, boeke, garing en ’n rolstoel is aan die oord geskenk.

Volgens me. Michelle Viljoen wil die DA ook by bejaardes betrokke raak.

Me. Lulu Pienaar van Palmoord het die skenking ontvang en die lede bedank.

“Dis ’n lekker gevoel om iets vir ander te doen,” het me. Viljoen gesê.

Sy en mnr. Jaco van Zyl, voorsitter, werk saam om die gemeenskap te bevorder.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version