Local newsNews

Chanté Graham neem kanker-leed ter harte

Chanté het haar ma op ’n vroeë stadium in haar lewe verloor weens kanker.

EVANDER – Chanté Graham (17) se omgee en liefde vir haar medemens inspireer ander.

Sy is ’n leerling van Hoërskool Evander en staan uit bo haar vriende omdat niks vir haar te veel moeite is nie.

Chanté het op 17 Maart al haar hare vir kankerpasiënte afgeskeer om vir hulle te wys dat hulle nie alleen deur die pyn hoef te gaan nie.

Baie leerlinge het haar gespot en vir haar gelag, maar sy het die kritiek gebruik om vir ander te wys dat sy dit nie vir haarself gedoen het nie.

“Meeste mense wat aan kanker ly, voel minderwaardig en ek het besluit om hul verkeerd te bewys.”

Sy het haar ma vroeg in haar lewe weens kanker verloor.

Haar inspirasie kom grotendeels van ’n seun wat in haar skool is wat tans kanker het.

Sy beskou hom as ’n vegter en wil vir hom wys dat hy nie alleen deur die stryd van genesing hoef te gaan nie.

Chanté is nie self ’n kankerlyer nie, maar het gevoel dat sy moet opstaan vir kankerpasiënte wat nie self die vermoë het om dit te doen nie.

Sy het ook haar nefie, JP van Wyk, aangemoedig om sy hare af te skeer en te danke aan die ondersteuning van hul vriende en familie, word hulle as helde beskou.

Baie mense verstaan nie die pyn en lyding waardeur jong kankerleiers gaan nie en dit lei soms tot ’n gespottery waartydens mense seerkry.

“As ek in die spieël kyk, sien ek ’n wonderwerk van God raak, maar as ek na iemand kyk wat teen kanker veg, sien ek ’n engel,” het Chanté gesê.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button