Man vind vriend se lyk op plaas

Liggaam lê glo vyf dae voordat dit ontdek word.

KINROSS – ’n Man se liggaam is op Donderdag, 5 Februarie deur een van die inwoners van Grootpanplaas gevind toe hy hout opgetel het om vuur mee te maak.

Die lyk het glo vir vyf dae daar gelê voordat dit ontdek is.

Die oorledene was ’n vriend van die man wat sy liggaam gevind en sy familie in kennis gestel het.

Die polisie en forensiese span was op die toneel om ondersoek in te stel.

Die oorledene se broek en skoene is langs hom gevind.

Sers. Kennedy Botha, kommunikasiebeampte van Kinross Polisie, het gesê hulle vermoed nie gemene spel nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version