Inwoners ontsteld

Munisipaliteit lewer swak diens.

TRICHARDT – Die opvangsput van die stormwaterpype in Greystraat op Trichardt wat na reën blok weens die grond se suiweringstelsel, is die hoofrede waarom riool steeds in inwoners se erwe invloei.

Baie klagtes is ontvang en inwoners het ook gekla dat hulle nie goeie dienslewering van die Govan Mbeki Munisipaliteit kry nie.

Die problem is al herstel, maar dit blyk steeds of daar ’n gebrek aan instandhouding is.

Inwoners van Greystraat is ontsteld omdat hullle in haglike omstandighede woon en dat dit ’n gesondheidsrisiko vir hulle inhou.

“My honde en kinders kan nie in die omstandighede leef nie,”

“As ons siek word, gaan ek nie verantwoordelikheid neem nie,” het een van die inwoners gesê.

Volgens mnr. Martin van Wyk, oud-burgermeester van Trichardt, word die opvangsput nie behoorlik skoongemaak en word daar nie na die herstelwerk omgesien nie.

“Daar is deeglike beplanning in plek om die probleem te herstel,” het mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, gesê.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version