Esmaraldah bak en brou

Esmaraldah wil graag haar eie winkel oop maak.

SECUNDA – Me. Esmaraldah Olckers (29) glo God het ’n doel met haar lewe en dat niks in haar pad na sukses staan nie.

Sy het onlangs ’n onderneming van haar huis af begin waar sy koeke vir onder andere troues en verjaarsdae bak en sy hoop om ’n winkel van haar eie in die volgende jaar of twee op die been te bring.

Sy bak gespesialiseerde koeke waarvan die bolaag eetbare ink is.

Me. Olckers was van kleins af in die kombuis doenig en het haar ma en ouma gehelp kos kook.

“Ek dink ek het my kreatiwiteit by my ma geërf,” het sy gesê.

Haar baba, Joshua, van 17 maande oud was met geboorte vir 10 dae in die intensiewe sorgeenheid weens longinfeksie en sy het besef dat sy as ’n voltydse werker moet afskaal en meer tyd saam met haar kinders moet bestee.

“My kinders is my lewe en daarom geniet ek dit om van die huis af te werk.”

Mnr. Tinus Olckers (30), haar wederhelfte, is haar proefkonyn tydens eksperimente en volgens haar is sy ondersteuning die rede waarom sy vorentoe beweeg.

Haar inspirasie kom van ouer vroue wat hul wysheid en resepte met haar deel en sy kyk ook graag na kosmaakrealiteitsprogramme vir nuwe idees.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version