CrimeLocal newsNews

GPF-lede maan Bethallers

Noodnommers is 060 347 2848 of 060 734 6093.

BETHAL – Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van sektor 2 het hul maandelikse vergadering op Donderdag, 29 Januarie aangebied waartydens inbrake in die sake- en woongebiede bespreek is.

Waardevolle items word ook steeds uit voertuie gesteel.

“Mense dink hulle sluit hul motors, maar hulle doen nie,” het mnr. Werner Herselman, voorsitter, gesê.

Hy het inwoners gemaan om nie waardevolle items soos handsakke, kameras, selfone en skootrekenaars in motors te los nie.

“Voel altyd of die deure gesluit is,” het hy gesê.

Die sektor beplan om kwartaalliks aktiwiteite aan te bied om die gemeenskap bymekaar te bring.

“Ons gaan voorlopig met ’n bring en braai afskop en daarna beplan ons ’n skietdag met aktiwiteite vir die hele gesin,” het hy gesê.

Hulle het ook oor eerstehulp- en selfverdedigingskursusse wat hulle vanjaar wil inbring, gepraat.

Die sektor het onlangs ’n bystandfoon met donasies wat hulle in Desember ontvang het, gekoop.

Dit het twee nommers en is aan Whatsapp en BBM gekoppel en word gebruik om hulp aan mense in noodgevalle te verleen.

Die noodnommers is 060 347 2848 of 060 734 6093 en die noodure is vanaf 9nm tot 6vm.

Een van die patrolliegroepe het sertifikate by die Bethal Polisie ontvang om hulle vir hul onbaatsugtige diens te bedank.

Die volgende GPF-vergadering vind op 26 Februarie by die polisiestasie plaas.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

Related Articles

Back to top button