Sasol 1 wen liga

Sasol 1 klop Nelspruit 1 Krieketklub.

SECUNDA – Sasol 1 Krieketklub het op Saterdag, 30 Januarie teen Nelspruit 1 gespeel en is die Mpumalanga Platinum-ligawenners.

Sasol 1 het eerste gekolf en ’n totaal van 159 op die bord aangeteken in 49.5 boulbeurte.

Sasol 1 het Nelspruit op 96 lopies uitgehaal en met ’n bonuspunt gewen.

Sasol 1se beste boulers was Michael Hobkirk met 3 vir 20 in 7 beurte en Dodds van Zyl met 3 vir 30 in 8 beurte.

Die bonuspunte wat aangeteken is, het verseker dat Sasol nie op die ligabord ingehaal word nie en sodoende is Sasol 1 die Mpumalanga Platinum Premier-ligawenners met een wedstyd te spaar.

Sasol het 18.5 punte, Nelspruit het 11.5 punte en Ermelo het 11 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version