Local newsNews

James Anderson sterf in ongeluk

Motorfietsryer verloor beheer oor fiets.

TRICHARDT – Mnr. James Thomas Anderson (47) is op Saterdag, 24 Januarie in ’n motorfietsongeluk tussen Trichardt en Secunda dood.

Hy het glo beheer oor die motorfiets verloor en dit gerol nadat hy oor ’n versperring gery het.

Hy het sy nek gebreek en is kort daarna oorlede.

Mnr. Anderson se vrou wat ook saam met hom op die motorfiets was, is na die Evander Hospitaal geneem waar sy tans aansterk.

Mnr. Anderson was ’n ketelmaker en volgens mnr. Jonathon Vermeulen, sy werknemer, was hy ’n lojale en harde werker.

Hy laat sy vrou en vier kinders agter.

Lede van die Voyagers Motorfietsklub sal hom altyd onthou as iemand wat die goedheid in ander raakgesien het.

“Ons harte gaan uit na sy familie hy sal altyd in ons harte bly,” het mnr. Vermeulen gesê.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button