Local newsNews

Dis amper skoutyd

Die Hoëveld Landbouskou vind 5,6 en 7 Maart op Ermelo skougronde plaas.

Ermeloërs kan reeds begin uitsien na die Hoëveld-landbouskou op 5, 6 en 7 Maart.

Skougangers sal saans vermaak word deur Doctor Victor en die Rasta Rebels, Elizma Theron, Dewald Wasserfall, Ampie du Preez en Karlien van Jaarsveld.

DJ Skuim, Ricco die Nar, Charne Grabie, Mona-Lee Gerber, Shoneill, Cool en Org le Roux sal sorg vir vermaak gedurende die dag.

Die mallemeule beloof pret en opwinding vir die kinders en volwassenes wat dapper genoeg is.

Die landbou-afdeling sal nie afgeskeep word nie en daar sal weer soos altyd met skape, beeste, perde en pluimvee geskou word.

Die Errie- en Ligbron-restaurante en ’n verskeidenheid kosstalletjies sal verseker dat niemand honger ly nie en die biertent sal die kele nat hou.

Die stalletjies binne in die saal en op die terrein sal die inkopieliefhebbers besig hou.

Daar sal ook uitstallers wees en pryse vir die beste uitstalling is op die spel.

Bring jou gesin en kom geniet die skou.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button