Egpaar verskyn in hof vir molestering

Senekal-egpaar se saak tot volgende jaar uitgestel.

SECUNDA – Mnr. Hermanus en me. Marie Senekal, ’n bejaarde egpaar, het op Woensdag, 3 Desember in die Secunda Streekshof verskyn op aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders.

Die egpaar is van Balfour en me. Senekal was die eienaar van ’n kleuterskool daar.

Mnr. Senekal het glo dogtertjies en seuntjies seksueel aangerand.

Hy kon die vorige keer toe sy hofsaak voorgekom het, nie verskyn nie omdat hy in die hospitaal was met hartversaking.

Die saak is tot 19 Januarie uitgestel.

Die DA was Woensdag by die hof as deel van hul ondersteuning van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders en om hul ondersteuning aan die slagoffers te wys.

Hulle het ook speelgoed aan die kinderwagkamer by die hof geskenk.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version