Local newsNews

Skaapdief gevonnis

’n Skaapdief, Alex Mfaniseni Mahlangu (35), is in die Streekhof op Ermelo skuldig bevind aan veediefstal en Maandag 24 November tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.

’n Skaapdief, Alex Mfaniseni  Mahlangu (35), is in die Streekhof op Ermelo skuldig bevind aan veediefstal en Maandag 24 November tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die vonnis is egter in sy geheel vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort.

Die hof het bevind dat Mahlangu gedurende die nag van 1 Maart vanjaar 11 skape op die plaas Goedehoop van mnr. J.D. Breytenbach gesteel het. Die gesamentlike waarde van die skape was R16 500.

Mahlangu is ná ’n ondersoek deur die polisie se veediefstaleenheid in hegtenis geneem.

Daar is ook op sy voertuig, ’n bakkie, beslaggelê. Die hof het die bakkie verbeurd verklaar aan die staat.

Mahlangu is ook beveel om die klaer met ’n bedrag van R6 000 te vergoed. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Die polisie het ’n beroep op vee-eienaars gedoen om  hul vee gereeld te tel en seker te maak dat alle vee duidelik met ’n identifiseerbare merk gemerk is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button