Local newsNews

DBV bedank sanger

Rhona van der Merwe tree by kerk op ten bate van die DBV.

BETHAL – Rhona van der Merwe het onlangs by die N.G. Kerk Oosgemeente opgetree om geld vir DBV-diere in te samel.

Toegang was ’n donasie ten bate van die DBV.

Sy het altesaam R5 000 ingesamel.

“Liefdadigheid lê my na aan die hart,” het Van der Merwe gesê.

Skenkings gaan vir honde- en katkos, katsand, water en krag, tuinversorging en die opknapping van die diere se hokke.

Volgens Van der Merwe word diere afgeskeep tydens die feestyd en het die DBV ekstra geld nodig om die diere te versorg.

Mense kan haar op haar Facebookblad, Rhona van der Merwe-Sangeres, volg.

Lede van die DBV het Rhona vir haar insette bedank.

Mense kan hul honde en katte by die DBV in Desember laat bly.

Vir meer inligting, skakel die DBV by 084 852 0889.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button