Bethal-slaggate neem toe

Slaggate op Bethal raak 'n nagmerrie.

BETHAL – Spruitstraat het meer as sewe slaggate by die stopstraat en dis aan albei kante van die pad.

Dis nie net daar waar dit so lyk nie, maar die slaggate in Spruitstraat is van die ergstes.

Volgens inwoners word daar na die slaggate gekyk en word dit gevul, maar dit is net tydelik.

“As die gate met grond gevul word hou dit ’n week as dit nie reën nie,” het ’n inwoner gesê.

Inwoners het gesê dat hulle klagtes by die munisipaliteit dat iets aan die probleem gedoen sal word.

Mnr. Henry Masango, hoof van kommunikasie en bemarking van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê dat daar vir die herstel van die slaggate begroot is en dat dit in die volgende finansiële jaar herstel sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version