Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Taxi’s steeds ’n probleem

Motoriste vra dat ’n ekstra parkeergebied vir taxi’s langs die Secunda Mall opgerig word.

SECUNDA – Ná die artikel Taxi’s veroorsaak verkeersprobleme in die Ridge Times in die uitgawe van 7 November, het inwoners en motoriste voorgestel dat daar ekstra parkering langs die Secunda Mall opgerig word vir die taxi’s.

Motoriste is ongelukkig oor die taxi’s wat in Oliver Tambostraat voor die Secunda Mall staan en die verkeer belemmer.

Padwoede is aan die orde van die dag en menige motoriste is moeg gekla oor die verkeersprobleme wat die taxi’s veroorsaak.

Volgens mnr. Mpho Gabashane, hoof van kommunikasie van die departement van publieke werke, paaie en vervoer in Mpumalanga, is die taxi-staanplek en die perseel waar die taxi’s parkeer munisipale grond.

“Die partye wat die munisipale grond langs die Secunda Mall vir parkering vir taxi’s voorstaan, moet eers aansoek by die munisipaliteit doen,” het mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, gesê.

Die taxi-assosiasie wou nie kommentaar lewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button