Top sewe Afrikaans artikels van 2014

Ons kyk terug na die jaar se top harde nuus stories.

Om die volledige artikels te lees kliek op die blou opskrifte.

 

1. Vier gewapende mans hou egpaar aan

Me. Rosa en mnr. Christo Mills is agtervolg toe hulle vanaf die Secunda Mall huis toe gery het.

Hulle het skaars in hul motorhuis geparkeer, toe die mans buite hul motor gestaan het.

Die rowers het vir mnr. en me. Mills en hul huishulp vasgebind en die huis deursoek en onder andere televisies gesteel.

Die mans het geld en juwele geëis.  Hulle het met mnr. Mills se warm gemaakte Mercedes , en in ‘n GTI Golf gevlug.

2. Man rand atleet aan

Chante Graham, ’n 16-jarige meisie, is  aangeval toe sy gaan draf het.

’n Middeljarige man het haar voorgekeer en rigtingaanwysings gevra.

Hy wou ook haar selfoon leen om ’n oproep te maak, maar sy het dit nie by haar gehad nie.

“Hy het my gevolg, my aan my nek gegryp, ’n skerp item uit sy sak gepluk en my vier keer gesteek,” het sy gesê.

3.  50+ skiet op polisie

Die skote het by Winkelhaakmyn geklap nadat diewe op die polisie losgebrand het.

Na bewering het die polisie ’n oproep ontvang om te gaan help nadat sekuriteitswagte by die myn glo deur diewe oorrompel is.

Adj.-off. Oosie Oosthuizen en adj.-off. Marietha Wright het op die noodoproep reageer en het net by die myn aangekom toe die diewe op adj.-off. Oosthuizen se voertuig losgebrand het.

Adj.-off. Oosthuizen het gesê sy skat dat tussen 50 en ’n honderd mense met AK47s op hulle losgebrand het.

4. Gru-ongeluk op Evander eis twee lewens

n Vrou en ’n driejarige dogtertjie is  in ’n ongeluk by die T-aansluiting buite Evander dood.

Na wat verneem word was die vrou en dogtertjie in ’n Uno saam met ’n man en ’n eenjarige seuntjie toe ’n Audi die passasiersdeur getref het.

5. Kinderverkragter gaan tronk toe

Stephan James Henriques is 13 Mei tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van verkragting van kinders en kinderpornografie.

Hy het dié misdade in 2010 gepleeg, is op 7 Julie, 2010 in hegtenis geneem en het op 25 Januarie 2011 vir die eerste keer in die hof verskyn.

 

6. Boer oorleef plaasaanval

’n Plaaslike boer, mnr. Nicolaas Kamffer (50), het ‘n plaasaanval oorleef nadat agt skote op hom geskiet is. Net twee het hom getref.

Die plaas, Naudésfontein, is sowat 6km buite Bethal op die Morgenzonpad geleë.

Mnr. Kamffer het gesê dit is deur God se genade dat hy die aanval oorleef het.

7. Brande saai verwoesting

Boere het groot verliese gely in die veldbrand wat in die oop veld langs Sasol se Charlie 1-ingang by Nelson Mandelastraat begin het.

Die sterk wind het die vuur aangehelp en plase in die hele omgewing wat Secunda, Trichardt, Charl Cilliers en Leandra insluit, het afgebrand.

Verskeie boere het vee verloor, maar die grootste verlies is weiding.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version