Local newsNews

DBV verwyder dooie tierboskat

Oorsaak van dood nog nie bekend nie.

BETHAL – ‘n Bethaller het op Saterdag, 29 November ‘n dooie tierboskat by haar huis in Nerinestraat naby Grasslands gevind.

Sy het die plaaslike DBV geskakel wat dit verwyder het.

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

Die tierboskat is ‘n medium-grootte wildekat wat in Afrika voorkom en is nie ongewoon op plase in ons gebied nie.

‘n Volwasse tierboskat het ‘n gemiddelde hoogte van 50 cm en ‘n lengte van ongeveer 130cm, insluitende sy stert, wat sowat 40cm lank kan wees.

Die tierboskat is ‘n slank en langbenige kat, met ‘n kort stert.

Hy het ‘n klein kop met groot, ovaal ore, wat naby aan mekaar geleë is.

Sy lyf is versier met kolle op ‘n dof-bruin pels; die kolle verander in strepe op sy rug en bene.

Die tierboskat word hoofsaaklik in grasvelde aangetref, alhoewel daar ook melanistiese diere voorkom wat meer dikwels in bergagtige gebied voorkom.

Tierboskatte is karnivore wat gewoonlik klein soogdiere en voëls eet, maar hulle eet ook dikwels insekte (onder andere kewers).

Die tierboskat (Engels serval), met sy kleingeboude lyf, kolle op die pels en prominente ore,  jag op verskillende maniere.

Soms kruip hy tussen plante weg en lê verbygangers voor, ander kere bekruip hy sy prooi weer nes die gewone huiskat.

Die tierboskat is goed bekend daarvoor dat hy deur lang gras sluip en die geluide van prooidiere met sy reuse-oorskulpe opvang voordat hy in die lug opspring en die slagoffer gryp.

Hy vreet veral knaagdiere en voëls, maar ook paddas, akkedisse, klein wildsbokkies, termiete en sprinkane.

Hoewel die tierboskat wyd verspreid voorkom, is dié diere gewoonlik skaars en afhanklik van ’n habitat wat genoeg skuiling en toegang tot water bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button