Vroue leer naaldwerk doen

Raak by projek betrokke en gee terug aan gemeenskap op Secunda en eMbalenhle.

SECUNDA – Vroue van verskeie kerke op die dorp het ’n groep vroue van eMbalenhle geleer hoe om naaldwerk te doen.

Hulle het op Vrydag, 21 November hul jaarlikse afsluiting aangebied en sertifikate ontvang.

Past. Wilson Vilakazi van House of Mercy op eMbalenhle het ook die geleentheid bygewoon en dit met skriflesing en gebed geopen.

Hy het die vroue aangemoedig om volgende jaar met hul kursus aan te gaan en gesê hulle doen dit nie net vir hulself nie, maar ook vir ander.

Die doel van dié kursus is dat die vroue hul eie klein ondernemings kan begin as hulle geleer het hoe om verskeie naaldwerkartikels te maak.

Hulle het reeds vanjaar voorskote met ’n sak voor vir wasgoedpenntjies gemaak, asook hemde en inkopiesakke.

Volgens me. Aletta Esterhuyse, een van die vroue wat die projek begin het, kon van die vroue nie eers met ’n naald en garing werk toe hulle begin het nie en nou maak hulle al hul eie klere.

Mense wat by die projek betrokke wil raak, kan me. Alida Retief skakel by 083 253 8747 of die kerkkantoor by 017 631 3470.

Mense wat iets wil gee vir dié projek soos wol, garing of materiaal, kan dit by die Rondekerk Secunda-gemeente se kerkkantoor gaan ingee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version