Local newsNews

Care Card bied ’n passiewe inkomste

Ons wil lewens verander en ’n verskil maak. ”

eMZINONI – Care Card het op Woensdag, 19 November Thandanani Service Centre besoek en ’n stootwaentjie aan ’n minderbevoorregte baba se ma oorhandig.

Die direkteur van Care Card, mnr. Elco Geldenhuys, het mense toegespreek en gesê Care Card is op 1 April 2005 gestig en die groep het tot op datum R22 miljoen aan minderbevoorregtes en organisasies geskenk.

Volgens mnr. Geldenhuys is Care Card daar om die gemeenskap op te lig en mense te help.

“Ons wil lewens verander en ’n verskil maak, ” het hy gesê.

Volgens hom moet ’n lid sy tyd gee, mense bewus maak, mense oplei en vergaderings bywoon.

Twee lede van Care Card, me. Liesl Posthumus en me. Leentie van Tonder, besoek Thandanani Service Centre weekliks.

Volgens me. Ester Shongwe (lid) verander Care Card haar lewe op finansiële gebied.

“Hoe meer mense ek kry om aan te sluit, hoe beter is dit vir my, ” het me. Shongwe gesê.

Om ’n lid te word, skakel me. Posthumus by 083 555 0378.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button