VIDEO – Inwoner vind gesteelde motorfiets

Wimpie bied beloning aan vir persoon wat Kawasaki ZX9R Ninja vind.

SECUNDA – Mnr. Wimpie Schafli se twee Kawasaki ZX9R Ninja motorfietse is op Woensdag, 19 November vanuit hul erf in Anton van Wouwstraat gesteel.

Hy het Woensdagoggend gesien die motorfietse is weg en sy varkhond is vergiftig.

Mnr. Schafli en sy familie en vriende het Woensdagmiddag na die motorfietse in die oop veld tussen Secunda en Trichardt gaan soek en een gekry.

Hulle het Donderdag saam met die polisie nog na die ander motorfiets gesoek.

Hy het ’n beloning vir die persoon wat die ander motorfiets, ’n groen Kawasaki ZX9R Ninja, kry, aangebied.

Skakel mnr. Schafli by 071 672 9776.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version