Local newsNews

Rowers nog op vrye voet

Twee swaar gewapende mans het Maandagoggend ’n gepantserde geldwa voor die Absa-gebou in De Clerqstraat ingewag.

Twee swaar gewapende mans het Maandagoggend ’n gepantserde geldwa voor die Absa-gebou in De Clerqstraat ingewag.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Carla Prinsloo het ’n oor-en-weer skietery tussen die booswigte en die twee geldwawagte uitgebreek.

Een van die wagte het ligte beserings in sy gesig opgedoen tydens ’n gestoeiery met een van die booswigte wat sy hand-vuurwapen wou afneem.

Die wagte wat reeds ander kaste geld by verskillende banke gedeponeer het, het slegs een kas geld in die wa gehad.

Die rowers het ’n trommel met ’n onbekende bedrag geld daarin en een van die wagte se vuurwapens gebuit.

Na bewering het die twee mans in ’n rooi BMW met ’n GP-registrasie in die rigting van Piet Retief weggejaag.

Polisie waarsku die publiek om versigtig te wees, aangesien die mans baie swaar gewapen is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button