CrimeLocal newsNews

Polisie trek 11 verdagtes vas

Die polisie het inwoners versoek om nie besigheid te doen met mense wat van deur-tot-deur- gaan en sê hulle herstel elektriese items nie.

Die Standerton Polisie het 11 verdagtes verlede week in hegtenis geneem:

• Een vir besit van dwelms

• Drie vir winkeldiefstal

• Drie vir aanranding met die opset om ernstig te beseer

• Een vir intimidasie

• Twee vir diefstal

• Een vir diefstal by ‘n onderneming

Die polisie het inwoners versoek om nie besigheid te doen met mense wat van deur-tot-deur- gaan en sê hulle herstel elektriese items nie.

“n Saak van diefstal is verlede week geopen met misdadigers wat hulleself as herstelwerkdeskundiges voordoen en nie die items terugbesorg nie,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê.

Stukkende elektriese items moet liefs na ‘n gelisensieerde handelaar geneem word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button