Foto gallery – Gemeenskap stap saam teen kanker

119 mense het Vrydagoggend 6:30 aangetree vir MediClinic Ermelo se jaarlikse kankerstap.

119 mense  het  Vrydagoggend 6:30 aangetree vir MediClinic Ermelo se jaarlikse kankerstap.

Na ’n minuut van stilte ter ere aan geliefdes wat die stryd teen kanker verloor het , is wit balonne die lug in gestuur vir persone wat kanker geklop het terwyl Amazing Grace in die agtergrond op ’n doedelsak weerklink het.

07:00 het die stappers weggetrek op die 3km roete. Almal was in ’n goeie luim en natuurlik was daar ’n paar wat die roete so effens verkort het (sal nie name noem nie).

Vir ander was die stap meer emosioneel soos  vir mnr. Gideon Coetzer wat sy vrou ’n jaar gelede aan kanker afgestaan het. Hy het die hele roete gestap met ’n foto van sy vrou in sy hand.

Al die inskrywingsgeld sal aan Kansa geskenk word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version