Local newsNews

Pienk Hark Jannie skep nog ’n skepping

Ermelo se eie “Pienk Hark” ontwerper-boer, Jannie Myburgh, het weereens met ’n blink plan vorendag gekom wat enige boer se take op die plaas aansienlik sal vergemaklik.

Ermelo se eie “Pienk Hark” ontwerper-boer, Jannie Myburgh, het weereens met ’n blink plan vorendag gekom wat enige boer se take op die plaas aansienlik sal vergemaklik.

Dié keer het hy ’n byvoeging tot sy reeds gewilde veeldoelige trekker-vurkhyser aangebring om dit nog meer veeldoelig te maak.

“Ek hou nie van harde werk nie, daarom glo ek mens moet slimmer werk,” het Jannie met ’n glimlag gesê.

Jannie en sy knap span het ’n bak vervaardig wat met geen moeite op die vurkhyser vashaak en gebruik kan word om los sand, kalk, kunsmis en feitlik enige iets anders op te skep en soos ’n voorlaaier gebruik kan word. Die feit dat die trekker by plekke kan inbeweeg waar ’n bakkie of ’n vragmotor nie kan nie maak dit die bak’n uiters handige implement wat op enige plaas of werf ingespan kan word.

Met dié nuutste toevoeging tot sy reeds vindingryke skeppings soos die Pienk Hark, rolmoerkapper en trekker-vurkhyser, kan enige trekker as ’n ware werkesel op die plaas aangewend word om slimmer, maar nie harder te werk nie.

“Dit laat mens met baie meer tyd om koffie te drink het hy skertsend laat weet.

 

Bucket 1 (Small) Bucket 2 (Small) Bucket 3 (Small) DSC_0084 (Small)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button