Local newsMunicipalNews

Oop kabel veroorsaak kortsluitings

Raad versuim om probleem op te los.

SECUNDA – ’n Elektriese kabel op die hoek van Drakensberg- en Bloubergstraat lê reeds vir bykans ’n jaar bo die grond en wanneer veral vragmotors daarooor ry, veroorsaak dit kortsluitings.

’n Inwoner van Drakensberg-woonstelle is glo ook geskok toe sy ’n kraan oopgedraai het tydens een van dié kortsluitings.

Sasol het vier weke gelede ’n sloot vir die kabel gegrawe maar dit kan nog nie toegemaak word nie omdat die munisipaliteit nog nie, na vele oproepe, die kabel geïsoleer het nie.

Die munisipaliteit het nog nie kommentaar gelewer nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button