Vinnige Faanse laat wiel met hul vinnige rygoed

Ermelo EXE Motorsportklub het Saterdag ’n pret-resies op die EXE-baan buite Ermelo gehou waaraan die manne met hul vinnige motorfietse, “rally”-karre en vierwielmotorfietse deelgeneem het.

Ermelo EXE Motorsportklub het Saterdag ’n pret-resies op die EXE-baan buite Ermelo gehou waaraan die manne met hul vinnige motorfietse, “rally”-karre en vierwielmotorfietse deelgeneem het.

In die motorkarafdeling het Stefan Pretorius eerste geëindig met Johan Strauss in die tweede plek en Chris Rothmann derde.

Bernu Arnoldi het die motorfietsafdeling gewen en Glen Loubser was tweede. Gert-Hendrik Wessels was derde.

In die afdeling vir vierwielmotorfietse het Franco Grobbelaar koning gekraai met Sheldon du Preez tweede en Bernardus Snyman derde.

Die EXE Motorsportklub bedank die borge Ermelo Motorcycles, Signs to See en Aeon Plant en Tool Hire.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version