Laerskool Secunda gaan groot

ATKV Vroue-tak gee strikke en ballonne vir kankerprojek.

SECUNDA – Laerskool Secunda ondersteun die ATKV Kosmosrand se vroue-tak se jaarlikse bloustrikprojek en het op Woensdag, 15 Oktober strikke om bome by die skool vasgemaak en ballonne die lug in gestuur.

Me. Tracey van Wyk van die ATKV het dié projek begin en dit is die derde agtereenvolgende jaar wat sy dié projek doen.

Die fokus vir vanjaar se kankerbewusmakingsprojek is prostaatkanker en dit is waarom blou strikke gebruik word.

“Daar is kinders in Laerskool Secunda wie se ouers deur kanker geraak word en ons wil hulle help,” het me. Van Wyk gesê.

Die geld van die strikke wat verkoop word, word aangewend om mense wat deur kanker geraak word, te help.

“Dit gaan daaroor dat ons iets vir die gemeenskap kan teruggee en mense emosioneel kan bystaan.”

Die blou strikke is by skole, Kansa, PNA en Faith4U Boekwinkel by die Kruik Kerk te koop teen R20 per strik.

Vir meer inligting of as jy wil deel van dié projek wil word, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version