Local newsMunicipalNews

Daar is ’n oplossing vir Bethallers

Die GMM WhatsAppgroep is ’n maklike en vinnige manier om klagtes aan te meld.

BETHAL – Inwoners met klagtes kan nou by die Govan Mbeki Munisipaliteit se GMM WhatsAppgroep aansluit.

Dié groep is deur me. Michelle Viljoen, DA-raadslid, gestig en daar is tans 400 inwoners.

“Die WhatsAppgroepe werk. Dit is ’n makliker en vinniger manier om inligting te ontvang en uit te stuur,” het sy gesê.

Inwoners kan deur by die groep aan te sluit, dadelik munisipale klagtes, soos kragprobleme, aanmeld.

Sy gee kort-kort terugvoering oor wat aangaan en lig mense in oor munisipale sake.

Om by die groep aan te sluit, sms of WhatsApp jou naam en woonadres na haar by 060 491 7038.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button