Local newsNews

BNI-tak vergader

BNI-lede wil ondernemings op Bethal bevorder.

BETHAL – Mnr. Philip Dunn, uitvoerende direkteur van Business Network International (BNI) Mpumalanga, het op Donderdag, 16 Oktober die Bethal-tak tydens hul weeklikse vergadering besoek.

Mnr. Kenny Killan, direkteurkonsultant van BNI, het gesê dat BNI glo dat verwysings die beste manier van bemarking is.

Mnr. Dunn se BNI-streek, die Vaaldriehoek, lê tans eerste in Suid-Afrika en is onder die top 12 internasionaal.

“Dit is weer eens ’n bewys dat ons baie by hom kan leer wanneer dit by BNI kom,” het mnr. Kenny gesê.

Volgens mnr. Dunn is bemarking van ’n onderneming belangrik en die sakelui moet mekaar vertrou en ondersteun.

Daar is al 160 000 BNI-lede landwyd en die BNI is sedert 1998 in Suid-Afrika bedrywig.

’n BNI-tak bestaan nie uit minder as 25 lede nie en as jy deel van BNI is, kan jy gratis opleiding en raad by jou lede kry.

Lede vergader weekliks om ondernemings op Bethal te bevorder.

Vir meer inligting of om ’n lid te word, skakel mnr. Killan by 083 630 1312 of besoek www.bni.com.

Related Articles

Back to top button