Drawwertjie aangerand

Bebloede meisie in hospitaal opgeneem.

EVANDER – Chante Graham, ’n 16-jarige meisie, is op Donderdag, 16 Oktober omstreeks 4nm aangeval toe sy gaan draf het.

’n Middeljarige man het haar voorgekeer en rigtingaanwysings gevra.

Hy wou ook haar selfoon leen om ’n oproep te maak, maar sy het dit nie by haar gehad nie.

“Hy het my gevolg, my aan my nek gegryp, ’n skerp item uit sy sak gepluk en my vier keer gesteek,” het sy gesê.

Sy is in die Evander Hospitaal opgeneem vir behandeling.

Die polisie het nog nie kommentaar gelewer nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version