Local newsNews

Dra ’n pienk hoed vir bewusmaking

Ondersteun borskankerbewusmaking op Secunda.

SECUNDA – Me. Tilly van Tonder wat borskanker gehad het en genees is, wil vanjaar weer ’n projek aanpak om mense van borskanker bewus te maak.

Sy het inwoners en ondernemings aangemoedig om elke Vrydag pienk hoede te dra.

Borskankermaand is in Oktober, maar me. Van Tonder meen mense kan enige tyd pienk dra.

“Kansa help my om kankerpasiënte wat hulp nodig het, te identifiseer en die geld wat ons met die projek insamel, word vir hulle aangewend,” het me. Van Tonder gesê.

Sy verkoop pienk hoede by haar boekwinkel Faith4U by die Kruik Kerk Secunda-gemeente.

Hulle kos onderskeidelik R30 en R50.

Dié boekwinkel is ’n afsetgebied waar me. Van Tonder die die Tafelronde en die ATKV se bandanas en gekleurde strikke wat ook vir kankerbewusmakingsprojekte gebruik en gedra word, verkoop.

Faith4U Boekwinkel is ’n afsetgebied vir kankerbewusmaking waar me. van Tonder buite instansies soos die Tafelrondte, Cansa en Tracey van Wyk van die PPK ondersteun deur bewusmakingsprodukte te verkoop om geld in te samel om hulp te verleen aan mense en families wat geraak word deur kanker.

Sy het ook ’n teddiebeerprojek waarmee sy geld vir kankerpasiënte insamel.

“Daar is kankerpasiënte wat nie weet daar is hospitale wat hulle sal help as hulle nie mediese fondse het nie,” het me. Van Tonder gesê.

Sy het werkgewers gevra om hul werknemers meer oor kanker in te lig en aan te moedig om gereeld vir ondersoeke te gaan.

Me. Van Tonder het vroeër jare soortgelyke projekte gedoen, maar toe pienk linte en pienk haarstukke gebruik.

Die bandanas van die Tafelronde is R25 en dié geld gaan ook vir kankerpasiënte.

Me. Van Tonder verkoop ook ander produkte en die geld word vir dieselfde doel aangewend.

Vir meer inligting, skakel Faith4U Boekwinkel by 017 634 7833 of besoek hul Facebook-blad by Secundabooks and Gifts.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button